![]() | ||
Toyota verstaan waarde van moedertaalAs daar een maatskappy is wat die waarde van moedertaal-reklame verstaan, is dit Toyota. Wie sal die Afrikaanse radioveldtog Taai Oumas, taai tieners en taai meisies vergeet wat in 2013 die Pendoring Prestige-prys gewen het? En wat van die Automark-radioveldtog in Zoeloe wat in dieselfde jaar 'n goue Pendoring gewen het? En dan weet Toyota net hoe om daarmee saam humor en die Suid-Afrikaanse kultuur in sy ryke verskeidenheid in te span om kliënte se harte warm te maak. ![]() Calvyn Hamman, Toyota "Toyota glo steeds dat moedertaalreklame bydra tot handelsmerk-lojaliteit en kliëntebetrokkenheid. Daarom het ons besluit om aan te hou om Pendoring te borg. Pendoring fokus nie verniet vanjaar ook op ander inheemse tale nie," sê Calvyn Hamman, senior vise-president van Verkope en bemarking by Toyota. "Al die geliefde Toyota-advertensies van die verlede het bygedra tot ons hoë persentasie lojale kliënte wat Afrikaanssprekendes insluit. Ek dink dit dra by tot hul algehele persepsie van die Toyota-handelsmerk. Deur moeite te doen met moedertaalreklame bewys ? handelsmerk dat hulle hul kliënte waardeer en vir hulle omgee." Volgens Hamman het Afrikaanssprekendes baie bygedra tot Toyota se sukses in Suid-Afrika. "Hulle voel tuis by ? maatskappy wat in hul taal met hulle praat. Dit maak dus sin om aan te hou om in Afrikaans te adverteer." "Omdat die Afrikaanse gemeenskap vir ons belangrik is - net soos die ander gemeenskappe - doen ons moeite om die regte kanale te vind (promosies, borgskappe en reklame) om ons kliënte te bereik. Toyota se Hilux-reklameveldtogte was nog altyd ? groot sukses in Suid-Afrika omdat dit ? groot Suid-Afrikaanse ikon is wat die handelsnaam toelaat om pret te hê terwyl hy sy sterk punte afwys. "As die regte aanbod/platform vir bemarking hom voordoen wat die handelsnaam se reklamestrategie pas, dan sal handelsmerke die geleentheid aangryp. Dit is belangrik dat die verskeie Afrikaanse platforms (soos kykNET) vars en op die hoogte bly van nuwe verwikkelinge in die industrie. Maar meer as enigiets anders, moet hulle kompeterend wees in terme van prys en reikwydte."
Pendoring wil graag die volgende borge bedank:
| ||